Dricus Du Plessis se Keuse

Saam met Dricus se gunsteling wyne kry jy ook ’n Buffelsfontein-bederf. Buffelsfontein brandewyn is ’n pleister vir leed, ’n koue lappie op ’n koorsige voorkop en ouma se lamsboud in die oond.

Dit lawe die seer van ’n liefdesbrief wat onbeantwoord bly, duur diesel en ’n lammer wat in jou suiping verdrink. Dis rëen op ’n sinkdak, die reuk van buskruit uit ’n slot-aksie en ’n land vol mielieplante wat gelyk deur die grond breek. Dis gemaklike vellies, geelvet biltong en damswem in Desember.

© The Wine Farmer 2020. All rights reserved
TERMS & CONDITIONS  |  POPI COMPLIANCE

Secure payments by: