Somerbosch-wynlandgoed

Die Fonteine, tuiste van die Somerbosch-wyne, is ontspanne en intiem – presies wat mens verwag van ’n werkende plaas wat vir langer as ’n halfeeu reeds in die Roux-familie se hande is.

Die plaas lê in die Helderberg-omgewing van die Stellenbosch-streek. Die koel Atlantiese seebries werk met die ander terroir-elemente van die plaas saam om die komplekse aard van die Somerbosch-wyne te ontwikkel.

Die premiumgehalte-etiket Somerbosch en ons Poker Hill-intreevlaketiket het sedert 1995 sinoniem geword met fynproewerswyn uit dié streek. Ons reeks wyne is innoverend en uiteenlopend, en is gewild onder ’n verskeidenheid van palette. Dit is in groot aanvraag sowel plaaslik as in verskeie Europese lande.

Met elke oesjaar streef ons daarna om met keurdruiwe van ons eie spesifieke wingerde en met spesiale sorg en aandag ’n wyn te skep wat Somerbosch Kylix waardig is – ons landgoedversnitetiket. Dié word in beperkte hoeveelhede beskikbaar gestel en in oesjare wat deur die natuur bepaal word, en dis gemik op die connoisseur en ernstige wynfynproewer.

www.somerbosch.co.za

Openingstye

Maandae tot Sondae : 9:00 - 17:00

BESPREKINGS IS NOODSAAKLIK
Betreurenswaardig dat geen troeteldiere binne die smaakkamer toegelaat word nie

Wat Ons Aanbied

Wynproe

Maandae tot Sondae: 09:00 – 17:00

Oop op Sondae

Sondae: 09:00 – 17:00

Kelder Toere

Aktiwiteite

Verblyf

Funksie Fasiliteite

Besprekings Noodsaaklik
021 855 3615

Toegang vir Gestremdes

Restaurant

Maandae tot Sondae: 09:00 – 17:00

Kontakbesonderhede

Webwerf: 

Adres: 

'Die Fonteine' Farm R44, Stellenbosch

Galery

© The Wine Farmer 2020. All rights reserved
TERMS & CONDITIONS  |  POPI COMPLIANCE

Secure payments by: