Sir David Graaff het wingerde eers in 1999 op De Grendel geplant, byna 200 jaar nadat die laaste wingerde vernietig is.
Sedertdien het De Grendel sinoniem geword met voortreflike wyne, gebore uit die Graaffs se liefde vir die grond en wetenskaplike benadering tot wynmaak. De Grendel is een van Kaapstad se oudste plase en strek oor bykans 330 hektaar teen die fynbosbedekte hange van Tygerberg.
Die asemrowende uitsig op Tafelberg vanaf die plaas, 350 meter bo seevlak, is stellig die beste in die Kaapse wynland. Op ’n helder dag kan mens van Tafelbaai tot Valsbaai sien, en soms selfs tot by Kaappunt.