Kaapzicht is ’n vierdegenerasie-familieplaas wat sedert 1946 deur die Steytler-familie besit en bestuur word.
Wyn is ons passie, ons lewensbestaan en ons lewe. Ons hou daarvan om in harmonie te leef – nie net met ons eie familie nie, maar ook met ons omgewing: ons plaasgemeenskap, die vele kultuurgroepe om ons en die natuur. Die naam Kaapzicht dui op die pragtige uitsig wat ons op Tafelberg het. Die plaas is deel van die Bottelaryweg-omgewing in die Stellenbosch-distrik. Die gematigde klimaat, koel seebries en ou, verweerde granietgrond laat ons toe om topgehaltewyne te maak.
www.kaapzicht.co.za