Dié 34 ha-wingerd is sowat 40 km van die Indiese Oseaan teen die hange van die Langeberge geleë. Die kombinasie van suidelike en noordelike hange van dié berge laat die verbouing van gehaltedruiwe op die Jakkalsvlei-plaas toe.
Die suidelike hange bied die voordeel van vroegoggendson, warm dae en koel nagte. Ons wingerde se gematigde klimaat en beperkende grond is sleutelbestanddele in die kweek van hoëgehaltedruiwe. Jakkalsvlei is welbekend vir bergdruiwe van rare diepte, lang lewensduur en elegansie.